0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments

Koöperasie-Stories (Afrikaans, Paperback): P.G. du Plessis Koöperasie-Stories (Afrikaans, Paperback)
P.G. du Plessis
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 4 - 8 working days

PG du Plessis was een van Afrikaans se meestervertellers. En met Koöperasiestories wat ook as ’n televisiereeks uitgesaai is, het hy volksbesit geword. Hierdie heruitgawe is ’n keur van die gewildste humoristiese kortverhale oor die lief en die leed van die mense in die dorp Gezinasrus.

Flambojante karakters soos Veldsman, Genis, Vissertjie, Myta, Oom Botes en die Pieterses kruip ten spyte hulle stommighede en streke, diep in ’n mens se hart.

Hierdie heruitgawe van Koöperasiestories bevat 30 kortverhale en sluit onder meer die volgende ou gunstelinge in:

  • Skeef gelaai
  • Soontjie
  • Merk haar vir my
  • Die man wat so kon spu
  • Liefde is 'n winskoop
  • Dubbele kyk in die oog
  • Milky bar Eksterminasie
  • ’n Ruikertjie geelperskes
  • ’n Dier in pyn
  • Om ’n vrou aan te kleef
  • Die snorkmasjien
Siener In Die Suburbs (Afrikaans, English, Paperback, Reissue): P.G. du Plessis Siener In Die Suburbs (Afrikaans, English, Paperback, Reissue)
P.G. du Plessis 1
R162 R140 Discovery Miles 1 400 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Siener in die suburbs gaan oor die lief en leed van 'n groepie mense wat al volkskarakters geword het. Jakes wat so graag 'n laaitie wil he, Tiemie wat oor haar tyd is, Tjokkie wat met die helm gebore is, Giel en Ma wat in sonde saamleef. Hulle bly aan die verkeerde kant van die spoor; mense van wie daar "nie geweet" word nie.

Fees Van Die Ongenooides (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): P.G. du Plessis Fees Van Die Ongenooides (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
P.G. du Plessis 3
R395 R339 Discovery Miles 3 390 Save R56 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor 'n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net 'n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei 'n tent soos 'n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeet sien van 'n man wat oor die klawerbord van 'n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van 'n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid. Jare later buig majoor Philip Brooks in 'n biblioteek oor 'n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het. Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het. Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto’s geneem het. Hy kyk na ’n foto van ’n vrou met ’n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hý die foto gesien het nie, dat die kind dood was. Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na ’n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto’s die verhaal van die Van Wyks agterhaal.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Sudocrem Skin & Baby Care Barrier Cream…
R300 Discovery Miles 3 000
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Lucky Plastic 3-in-1 Nose Ear Trimmer…
R289 Discovery Miles 2 890
Who Do We Become? - Step Boldly Into Our…
John Sanei Paperback R265 R212 Discovery Miles 2 120
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Pamper Fine Cuts in Gravy - Chicken and…
R12 R11 Discovery Miles 110
Raz Tech Laptop Security Chain Cable…
R299 R169 Discovery Miles 1 690
Simba ABC Elephant Ring Rattle
 (3)
R66 Discovery Miles 660
Criticare Tweezers (Stainless Steel…
 (1)
R6 Discovery Miles 60
Chicco Natural Feeling Manual Breast…
R799 Discovery Miles 7 990

 

Partners